Posts Tagged ‘berig’

Motorfietse brul teen Plaasaanvalle by Hartbeespoortdam

Motorfietse brull teen Plaasaanvalle by Hartbeespoortdam

Die lug om Hartbeespoortdam gaan op 16 September 2017 gevul word met die gebrul van motorfietse teen plaasaanvalle. “Die Nasionale Motorfietsvereniging en sy assosiate gaan die dag fondse insamel om boere en plaaswerkers teen plaasaanvalle te help beskerm. Dié fondse sal tydens Agri SA se kongres in Oktober 2017 aan die Agri Securitas Trustfonds oorhandig […]

Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Die sakeregtewaghond AfriSake het onlangs weer ingegryp om ʼn groot grondeis ten opsigte van eiendomme in die ooste van Pretoria teen te staan. Volgens AfriSake het sy regspan onlangs ’n voorverhoorvergadering oor die Lekhuleni-grondeis by die grondeisehof in Randburg bygewoon. Armand Greyling, regs- en beleidsontleder by AfriSake, het gesê die voorverhoor het meestal gefokus op […]

Klasse by Hoёrskool Pretoria-Wes ontwrig oor kleefbroeke

Klasse by Hoёrskool Pretoria-Wes ontwrig oor kleefbroeke

Beamptes van die Gautengse departement van onderwys is Maandag na Hoёrskool Pretoria-Wes ontplooi nadat leerders Vrydag klasse geboikot het omdat hulle eerder noupassende broeke as gewone wyepyp-broeke as deel van hul skooluniform wil dra. Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die herrie rondom die skooluniform het begin nadat twee “oproerige […]

AfriForum betoog by Pretoria hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

AfriForum betoog by Pretoria hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger […]

Sewe verdagtes word aangekeer in Pretoria ivm motorfietsdiefstalle

Sewe verdagtes word aangekeer in Pretoria ivm motorfietsdiefstalle

Die Pretoriase polisie het sewe verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn vlaag motorfietsdiefstalle die afgelope tyd. Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans, tussen 25 en 35 jaar oud, is Dinsdag in die vroeë oggendure in Rooihuiskraal in Centurion in hegtenis geneem. “Die mans se modus operandi was om […]

Pretoria man word nog ‘n statistiek van taxi geweld na aanval met baksteen

Pretoria man word nog 'n statistiek van taxi geweld na aanval met baksteen

Hulle het geslaan om dood te slaan. Carel Kruger (43) was oortuig daarvan toe die baksteen-houe vir die soveelste keer op hom neerreën. Selfs toe hy bebloed na twee lede van die Tshwane-metropolisie gehardloop het, een aan die baadjie gegryp en gesmeek het: “Help!” het een van die aanvallers nog ’n hou ingekry. “Die twee […]

Search intensifies for missing Pretoria businessman,Omar Carrim 76

Search intensifies for missing Pretoria businessman,Omar Carrim 76

Gauteng MEC for Community Safety Sizakele Nkosi-Malobane on Monday met the family of Pretoria businessman Omar Carrim, who went missing after leaving his Home Hyper City shop in the CBD on Thursday last week. Nkosi-Malobane, with Tshwane West South African Police Services (SAPS) Cluster Commander Maj-Gen Daniel Mtombeni, assured the Carrim family that no stone […]

Spoorlyn in die weste van Pretoria kry nuwe baaidjie danksy publiek en Transnet

Spoorlyn in die weste van Pretoria opgeruim deur publiek en Transnet

’n Uiterste verwaarloosde spoorlyn wat aan die weste van Pretoria geleë is, het gedurende die week ’n nuwe baadjie gekry. Die spoorlyn wat oor ’n groot gebied in die weste strek was vir ’n geruime tyd ’n groot probleem vir die plaaslike gemeenskap. Volgens DA-raadslid Elma Nel was die spoorlyn ’n reuse probleem in haar […]

Na drie dekades wil Gert van Rooyen se Seun saak heropen

Gert van Rooyen se Seun wil saak heropen

Na bykans drie dekades lig pedofiel Gert van Rooyen se seun vir die eerste keer die sluier oor wat hy beweer op die dag van Gert en sy houvrou Joey Haarhoff se dood gebeur het. “Daar was nooit ‘n selfmoordpakt tussen my pa en Joey nie,” sê Gerhard in ’n video-opname wat op Facebook geplaas […]

Dennis Haynes, vermis sedert 1986, word moontlik na 31 jaar opgespoor in Pretoria-Noord

Vermiste Dennis Haynes word na 31 jaar opgespoor in Pretoria-Noord

ʼn Man van Bloemfontein wat in Februarie 1986 spoorloos verdwyn het, is moontlik ná 31 jaar in Pretoria opgespoor. Dennis Haynes was 22 jaar oud toe hy van Bloemfontein na Roodepoort vertrek het vir ʼn werksgeleentheid. Sy vrou en eenjarige dogtertjie het in Bloemfontein agtergebly. Dennis het egter nooit teruggekeer nie en sy familie kon […]

Powered by WordPress