Archive for the ‘Misdaad’ Category

KFC-voorval: Drie in hof

Drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar in Montana aangerand het, het Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn. Landdros Motlhoki Rapulana het na die mans se aansoek om borgtog geluister en gesê sy het tyd nodig om die bewyse te bestudeer, voordat sy haar besluit op 30 Augustus bekend […]

Seun vas oor bedrog van R93 miljoen, pa in hof oor korrupsie

Tseko Mojalefa Rabotho (29) het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie. Rabotho is op 17 Augustus deur die Valke in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery ten waarde van R93 miljoen, het lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy het aanvanklik op 21 Augustus […]

Pretoria Commuters get some relief as Taxis expected to operate normally

Tshwane commuters can expect some relief as taxis are expected to operate normally this morning. On Wednesday, operators blocked several roads causing massive delays while protesting to the Tshwane House to submit a memorandum to Mayor Solly Msimanga. Among the issues raised by the drivers is that traffic contravention tickets be scrapped. Taxis in the […]

Sewe verdagtes word aangekeer in Pretoria ivm motorfietsdiefstalle

Sewe verdagtes word aangekeer in Pretoria ivm motorfietsdiefstalle

Die Pretoriase polisie het sewe verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn vlaag motorfietsdiefstalle die afgelope tyd. Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans, tussen 25 en 35 jaar oud, is Dinsdag in die vroeë oggendure in Rooihuiskraal in Centurion in hegtenis geneem. “Die mans se modus operandi was om […]

‘Sekuriteitsbreuk’ by Mededingingskommissie in Pretoria

Mededingingskommissie

Die Mededingingskommissie het Saterdag gesê daar was ʼn “sekuriteitsbreuk” by sy kantoor in Pretoria vroeër die week. Sipho Ngwema, woordvoerder van die kommissie, het gesê twee skootrekenaars is Dinsdag by die afdeling gesteel wat verantwoordelik is vir ondersoeke na kartelgedrag. “Die voorval is by die polisie aangemeld en die saak is deur die Valke oorgeneem […]

Inwoner van Pretoria voor haar verloofde geskiet wyl hy video neem

Carine van Staden (28), ʼn inwoner van Pretoria, is Donderdag voor haar verloofde glo deur ʼn weermaglid in die noorde van die stad geskiet. Carine se pa, Johan van Staden (53), het Saterdag aan Maroela Media gesê sy dogter en haar verloofde, Johan Harmse (29), was omstreeks 18:00 van Daspoort op sy BMW-motorfiets op pad […]

Powered by WordPress