Archive for August, 2017

Baie op spel vir al ses in Curriebekerstryde

Vrydag en Saterdag se Curriebeker-weekronde beloof om een van die strafste tot dusver in vanjaar se reeks te wees, gesien hoeveel vir die onderskeie spanne op die spel is. Die kragmeting tussen die Westelike Provinsie en die Sharks Saterdag op Nuweland, Kaapstad, lok die meeste belangstelling uit. Die Sharks is die gunsteling. Sy enigste nederlaag […]

Tel jou woorde: Oor beddens en Boervrouens

Argieffoto (Foto: RitaE, Pixabay) Gisteraand laat is daar ‘n harde slag in my huis. Konsternasie. Ek skrik vir my nugter wakker al is dit ná 12 en sien visioene van figure in klapmusse wat my mikrogolf by die kombuisvenster uittel en my varkore, wat ek met emmers badwater deur die droogte tot by blom gepamperlang […]

AfriForum betoog by Pretoria hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

AfriForum betoog by Pretoria hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger […]

Kleurryke veldtog om stigma te verwyder

Foto verskaf [promosie-artikel] Hoe pak jy ʼn staptog aan van Pretoria na Kaapstad? Die antwoord is heel eenvoudig: “Een tree op ʼn slag.” En die volgende vraag is: “Hoekom sal jy van Pretoria na Kaapstad stap as daar ander opsies is?” Crazy for Walking is ʼn inisiatief wat van stapel gestuur word om die stigma […]

Nuuskommentaar: ‘Business as usual’ vir president

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS Ná pres. Jacob Zuma die jongste mosie van wantroue in die parlement oorleef het, het ’n lang rits koerantopskrifte gelui dat dit nou weer “business as usual” vir Zuma is. Tydens sy een en meer as ’n half voltooide termyne as president het dié soort opskrifte egter dikwels gedien […]

Bittereinders en verraaiers

NP van Wyk Louw. Foto: Af.wikipedia.org Willie Jansen van Rensburg van Moreleta Village skryf: In die drama Die pluimsaad waai ver van NP van Wyk-Louw kom die verwysing na die bittereinders en die verraaiers dikwels voor. President Steyn en generaal Christiaan De Wet is die helde wat bereid is om tot die bitter einde die […]

AfriForum se 9-punt-plan vir Buurtwag-stigting

Lede van die AfriForum-buurtwag in Kempton Park saam met polisiebeamptes tydens ‘n aksie waar ‘n voertuig opgespoor is. Foto: Verskaf Deur Hein Gonzales Die Grondwet, wetgewing en regspraak gee jou as ’n wetsgehoorsame burger die reg om jouself en jou familie te beskerm binne die raamwerk van die wet. Wat beteken dit in die praktyk? Daar […]

Vuurwapenlisensies: Saak na konstitusionele hof

Argieffoto Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se appèl teen die Pretoriase hooggeregshof se uitspraak oor die hernuwing van vuurwapenlisensies sal op 8 Februarie 2018 in die konstitusionele hof aangehoor word. Dit volg nadat die SAPD in Julie gesê het hy beplan om ʼn aansoek om verlof tot appèl teen die hofuitspraak in te dien. Die hooggeregshof […]

Aanlyn speletjie wil jeug aan die dink kry oor politiek

Daniel du Plessis spreek leerder van Hoërskool Waterkloof in Pretoria toe oor eCivix, ‘n gratis aanlyn verkiesingspeletjie, SA se verkiesingstelsel en die grondwet. Foto: eCivix/Facebook. Navorsers reken net sowat die helfte van Suid-Afrika se jeug tussen die ouderdom van 18 en 29 wat geregistreerde kiesers is, het wel in die vorige drie verkiesings in 2011, […]

Plastiekpaaie die alternatief vir teerpaaie of ’n teer saak?

Kan plastiekpaaie dalk antwoorde bied op van die vraagstukke wat SA teister? Foto: Nextvoyage/Pexels.com Deur Jeannette Gnade ’n Voorstel deur die Demokratiese Alliansie in die Oos-Kaap dat ’n loodsprojek begin moet word om die lewensvatbaarheid van plastiekpaaie te toets, is luidkeels deur die ANC afgeskiet. Lede van die land se regerende party kan net nie […]

Powered by WordPress