Archive for August 25th, 2017

Seun vas oor bedrog van R93 miljoen, pa in hof oor korrupsie

Tseko Mojalefa Rabotho (29) het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie. Rabotho is op 17 Augustus deur die Valke in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery ten waarde van R93 miljoen, het lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy het aanvanklik op 21 Augustus […]

Onderwysdepartement sê oor Meyerspark se beheerliggaam

Foto: Pinterest.com Die Gautengse onderwysdepartement sê hulle het besluit om die omstrede beheerliggaam van Laerskool Meyerspark van alle magte te stroop en ʼn bestuursadministrateur oor die skool aan te stel. Maroela Media het vroeër die week berig dat ouers steeds verskeie klagtes het oor die wyse waarop die beheerliggaam die finansies van dié skool in […]

Dubbele standaarde: Die verhaal van drie ‘rassevoorvalle’

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Foto: Verskaf. Daar het onlangs in een week drie voorvalle in een gebied plaasgevind waar motoriste van verskillende rasse deurgeloop het. Die feit dat net die een voorval waar wit mense oortree het […]

[Luister] Só onthou Frik du Preez vir Colin Meads

Colin Meads Hennie Koortzen en Wynie Strydom lei die gesprek oor die Rugbykampioenskap en Curriebekertoernooi. Die legende, Frik du Preez, sluit by hulle aan om oor Colin Meads, die Nieu-Seelandse rugbyspeler, se loopbaan en afsterwe te gesels. Luister elke Donderdag om 19:05 na Rugby-Radio op Pretoria FM. Besoek ook Maroela Media se rugbyportaal, Pale Toe!, […]

Baie op spel vir al ses in Curriebekerstryde

Vrydag en Saterdag se Curriebeker-weekronde beloof om een van die strafste tot dusver in vanjaar se reeks te wees, gesien hoeveel vir die onderskeie spanne op die spel is. Die kragmeting tussen die Westelike Provinsie en die Sharks Saterdag op Nuweland, Kaapstad, lok die meeste belangstelling uit. Die Sharks is die gunsteling. Sy enigste nederlaag […]

Tel jou woorde: Oor beddens en Boervrouens

Argieffoto (Foto: RitaE, Pixabay) Gisteraand laat is daar ‘n harde slag in my huis. Konsternasie. Ek skrik vir my nugter wakker al is dit ná 12 en sien visioene van figure in klapmusse wat my mikrogolf by die kombuisvenster uittel en my varkore, wat ek met emmers badwater deur die droogte tot by blom gepamperlang […]

AfriForum betoog by Pretoria hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

AfriForum betoog by Pretoria hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger […]

Kleurryke veldtog om stigma te verwyder

Foto verskaf [promosie-artikel] Hoe pak jy ʼn staptog aan van Pretoria na Kaapstad? Die antwoord is heel eenvoudig: “Een tree op ʼn slag.” En die volgende vraag is: “Hoekom sal jy van Pretoria na Kaapstad stap as daar ander opsies is?” Crazy for Walking is ʼn inisiatief wat van stapel gestuur word om die stigma […]

Nuuskommentaar: ‘Business as usual’ vir president

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS Ná pres. Jacob Zuma die jongste mosie van wantroue in die parlement oorleef het, het ’n lang rits koerantopskrifte gelui dat dit nou weer “business as usual” vir Zuma is. Tydens sy een en meer as ’n half voltooide termyne as president het dié soort opskrifte egter dikwels gedien […]

Bittereinders en verraaiers

NP van Wyk Louw. Foto: Af.wikipedia.org Willie Jansen van Rensburg van Moreleta Village skryf: In die drama Die pluimsaad waai ver van NP van Wyk-Louw kom die verwysing na die bittereinders en die verraaiers dikwels voor. President Steyn en generaal Christiaan De Wet is die helde wat bereid is om tot die bitter einde die […]

Powered by WordPress