Archive for August 11th, 2017

[Video] 4-jarige steel harte met volkslied

Klein Willem (Foto: ‘n Skermskoot uit die video) ʼn Video van ʼn vierjarige seuntjie van Pretoria wat die Suid-Afrikaanse volkslied passievol sing, verower harte landwyd. Carmen Minnaar, die jong Willem se ma, het aan Maroela Media vertel hy is nog altyd passievol oor rugby, en het onlangs ʼn YouTube-video gekyk waar die Springbokke dié liedjie […]

Johann Botha: Beskuldigdes in hof

Johann Botha. Foto: Maroela Media Die twee mans en ’n vrou wat daarvan beskuldig word dat hulle die televisie- en radiopersoonlikheid Johann Botha en ’n vriend van hom vermoor het, het Vrydag in die Johannesburg-landdroshof verskyn. Volgens die staatsaanklaer, Colleen Ryan, is selfoonrekords en foto’s van die nadoodse ondersoeke  steeds uitstaande. Thembi Mbatha (19)‚ Nkosiyazi […]

GauFestival sorg vir volop Afrikaanse vermaak

Foto: Verskaf Die GauFestival wat van 29 September tot 5 Oktober in Pretoria plaasvind, sal ʼn string produksies ten toon stel, waarvan baie Afrikaans is. Van die produksies waarna besoekers kan uitsien, is Poppemeester, wat geïnspireer is deur Ingrid Jonker, ʼn Karen Zoid-vertoning en Manie Jackson in duet met Country Legends. Daar is ook ʼn […]

Salomo se wysheid nodig vir godsdiens in skole

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian Die onlangse besluit van ses openbare skole om nie teen die uitspraak oor godsdiens in skole te appelleer nie, het opnuut vrae laat ontstaan oor hoe dié praktyke in die toekoms in skole gaan uitspeel nadat talle ander skole sedertdien dreigbriewe van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie gekry het. Die hof […]

[Luister] Curriebeker en die Springbokgroep vir die Rugbykampioenskap

Wynie Strydom Hennie Koortzen en Wynie Strydom gesels oor verlede naweek se eindstryd in die Superrugby-toernooi, die begin van die Curriebekerreeks en moontlike spelers vir die komende Rugbykampioenskap in die lig van beserings wat die span teister. Luister elke Donderdag om 19:05 na Rugby-Radio op Pretoria FM. Besoek ook Maroela Media se rugbyportaal, Pale Toe!

Powered by WordPress