Archive for August, 2017

‘Wonderwerk’ dat bejaarde mesaanval oorleef

Julie Haremse. Foto: Facebook. ʼn Familielid van Julie Haremse (82), die vrou wat verlede week wreed in haar huis in Phalaborwa aangeval is, het, het vertel Haremse het verbete teen haar aanvaller geveg, maar is teruggesleep in haar motorhuis in voordat sy daarin kon slaag om te ontsnap. Rohan Eloff, Haremse se kleinseun, het aan […]

Bejaarde talle kere tydens huisroof gesteek

Argieffoto: Kent Williamson Die polisie in Phalaborwa ondersoek ʼn saak van huisroof nadat ʼn 82-jarige vrou in haar huis in Monnastraat in Phalaborwa, Limpopo, gewelddadig aangeval en beroof is. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê Juliana Haremse, ook bekend as Juliana van Schalkwyk, is Donderdagmiddag in haar huis oorval en talle […]

Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Die sakeregtewaghond AfriSake het onlangs weer ingegryp om ʼn groot grondeis ten opsigte van eiendomme in die ooste van Pretoria teen te staan. Volgens AfriSake het sy regspan onlangs ’n voorverhoorvergadering oor die Lekhuleni-grondeis by die grondeisehof in Randburg bygewoon. Armand Greyling, regs- en beleidsontleder by AfriSake, het gesê die voorverhoor het meestal gefokus op […]

Klasse by Hoёrskool Pretoria-Wes ontwrig oor kleefbroeke

Klasse by Hoёrskool Pretoria-Wes ontwrig oor kleefbroeke

Beamptes van die Gautengse departement van onderwys is Maandag na Hoёrskool Pretoria-Wes ontplooi nadat leerders Vrydag klasse geboikot het omdat hulle eerder noupassende broeke as gewone wyepyp-broeke as deel van hul skooluniform wil dra. Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die herrie rondom die skooluniform het begin nadat twee “oproerige […]

Nouer samewerking tussen die NG Kerk en Hervormde Kerk

kerk

Moderamen van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) en die Moderatuur van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NGK) het tydens ʼn gesamentlike vergadering wat buite Pretoria gehou is, hul voorneme bekend gemaak om verder nou met mekaar saam te werk. In die lig van die bestaande bilaterale ooreenkoms tussen […]

KFC-voorval: Drie in hof

Drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar in Montana aangerand het, het Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn. Landdros Motlhoki Rapulana het na die mans se aansoek om borgtog geluister en gesê sy het tyd nodig om die bewyse te bestudeer, voordat sy haar besluit op 30 Augustus bekend […]

Seun vas oor bedrog van R93 miljoen, pa in hof oor korrupsie

Tseko Mojalefa Rabotho (29) het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie. Rabotho is op 17 Augustus deur die Valke in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery ten waarde van R93 miljoen, het lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy het aanvanklik op 21 Augustus […]

Onderwysdepartement sê oor Meyerspark se beheerliggaam

Foto: Pinterest.com Die Gautengse onderwysdepartement sê hulle het besluit om die omstrede beheerliggaam van Laerskool Meyerspark van alle magte te stroop en ʼn bestuursadministrateur oor die skool aan te stel. Maroela Media het vroeër die week berig dat ouers steeds verskeie klagtes het oor die wyse waarop die beheerliggaam die finansies van dié skool in […]

Dubbele standaarde: Die verhaal van drie ‘rassevoorvalle’

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Foto: Verskaf. Daar het onlangs in een week drie voorvalle in een gebied plaasgevind waar motoriste van verskillende rasse deurgeloop het. Die feit dat net die een voorval waar wit mense oortree het […]

[Luister] Só onthou Frik du Preez vir Colin Meads

Colin Meads Hennie Koortzen en Wynie Strydom lei die gesprek oor die Rugbykampioenskap en Curriebekertoernooi. Die legende, Frik du Preez, sluit by hulle aan om oor Colin Meads, die Nieu-Seelandse rugbyspeler, se loopbaan en afsterwe te gesels. Luister elke Donderdag om 19:05 na Rugby-Radio op Pretoria FM. Besoek ook Maroela Media se rugbyportaal, Pale Toe!, […]

Powered by WordPress