Archive for May, 2017

Elektriese heinings: Hoe veilig is hulle werklik?

Meeste mense steun swaar op hul elektriese heinings vir veiligheid en vertrou dit blindelings as ‘n “ondeurdringbare” linie, en met reg ook so. Maar hierdie spesifieke item is telkemale, weens verskeie faktore ter sprake, nie aangewese om goeie beskerming te bied teen huisbewoners nie! Mense moet hulle dus nie blindstaar teen ‘n elektriese heining vir […]

Regter roskam SAPD se advokaat oor laksheid in vuurwapensyferaansoek

Deur Natasha Venter AfriForum was vandag weer in die Pretoriase hooggeregshof na aanleiding van hul PAIA-aansoek in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) waarin hulle versoek dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vuurwapensyfers bekend maak. Dit is syfers oor hoeveel staatsgeregistreerde vuurwapens ingevolge die polisie se […]

‘Ek het my aptyt om by Spur te eet verloor’

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, het hierdie ope brief aan Mark Farrelly, hoofbedryfsbeampte van Spur, geskryf na Farrelly verlede week oop kaarte gespeel het oor die impak van die boikot teen dié restaurantgroep. Beste Mark Ek het my aptyt om by Spur te eet […]

Vier vroue met leeudele betrap

Argieffoto: popista.com WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel. Vier vroue is vandeesweek in Limpopo in hegtenis geneem nadat liggaamsdele van leeus in hul besit gevind is. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die vroue, tussen 29 en 48 jaar oud, is Woensdagaand tydens […]

Boikot ná Spur-video lei tot groot verliese

Argieffoto “Ons het niks om weg te steek nie en sal eerlik wees – die boikot het ons hard getref en baie onskuldige konsessiehouers is nou besig om swaar te kry.” Mark Farrelly, hoofbedryfsbeampte van Spur, het Donderdag oop kaarte gespeel oor die impak van die boikot teen dié restaurantgroep. Die Daily Maverick het Woensdag […]

Serrie oor plakkaat-herrie gekanselleer

Die Universiteit van Pretoria (UP) het gister aangekondig dat vanjaar se serrie-kompetisie gekanselleer is nadat ʼn storm Dinsdag op sosiale media losgebars het oor die inhoud van plakkate wat manstudente tydens dié kompetisie se uitdunrondtes opgehou het. Foto’s van dié manstudente se plakkate is deur Fezekile Msimang, ʼn fotograaf vir UP se studentekoerant, Perdeby, geneem […]

Meisie (8) ‘omvou deur liefde’ ná gesinslede sterf

ʼn Gedenkdiens vir Frank, Celesté en Franko Streicher is Saterdag (13 Mei 2017) gehou. Foto: Facebook Lua Streicher, die agtjarige meisie van Phalaborwa in Limpopo wie se ouers en broer op 6 Mei in ʼn motorongeluk gesterf het, word sedert die tragedie “deur liefde omvou”. Maroela Media het vroeër berig Frank (41), Celesté (40) en […]

Wenke om jou woning te beveilig teen indringers

Die grensmure, omheining en hekke rondom ʼn huis bied ʼn versperring teen ongewenste besoekers en inbrake.  Hieronder is ʼn paar doeltreffende wenke om jou huis se versperrings na te gaan en in stand te hou. Ondersoek die omheining Spuit die aluminiumheining elke jaar af en vee dit skoon af met ʼn lap. Laat enige swak […]

AfriForum & Solidariteit Veiligheidsberaad

Die ongekende reeks aanvalle en moorde op plase, hoewes én in stedelike gebiede sedert die begin van die jaar, het honderde mense verlede naweek na die veiligheidsberaad van AfriForum en die Solidariteit Beweging in Pretoria laat stroom. Die doel van dié veiligheidsberaad was om nasionale veiligheidsmeganismes tussen gemeenskappe, die staat en privaat sektor te bespreek […]

Limpopo-ongeluk: Leerlingonnie ‘was sonskynmens’

Lenisè Janse van Vuuren. Foto: Verskaf ʼn Gedenkdiens vir Lenisè Janse van Vuuren (19), die leerlingonderwyseres van Phalaborwa in Limpopo wat Saterdag saam met drie ander mense in ʼn trompop botsing gesterf het, sal Vrydag in die dorp gehou word. Rina Coetzer, Lenisè se ouma, het Maandag aan Maroela Media gesê talle familielede, vriende, leerders […]

Powered by WordPress